Sprankelend!
Dit is Elima Theron.
Ná die platinumstatus van haar album Gee my meer, talle optredes by die land se gewildste musiekfeeste, welslae op amptelike treffersparades en TV-roem in kykNET se sepia Villa Rosa bied sy met haar glimlagstem weer lyfritme en musikale lafenis op haar splinternuwe album Ek soek jou.
Met dié album voeg sy nog treffers toe aan haar lys wat Lapaside, Hier’s ek, Vertel my, Makie sakie, Cassanova en Kom ons vat ‘n kans (‘n polsende smeulduet met die poprockridder Nicholis Louw) insluit.
Op die nuwe album maak sy ‘n subtiele musikale skuif; steeds met dansballades, maar die album fokus eerder op haar stemvernuf en is daarom hartstogtelik akoestiesgedrewe. Met 17 nuwe opnames bied sy ‘n popalbum wat spog met ‘n omwindende, verfrissende vars klank.
Die toonvenstersnitte is gewis die sneltempo-radiotreffers Ek soek jou en Het jy nie ‘n plek nie en die pragballade Hoekom? Tussen die albumverrassings is die twee puik duette: One in a million, saam met die internasionale popster Bosson, en Net vir jou bedoel gevoel, saam met Kurt Darren, Suid-Afrika se bekroonde multiplatinum-sokkiedanskaptein. Tussen die ander meevoerende snitte is die liedjie Jesus take the wheel; countrygospelgepoets.
Die album wemel van treffers en sluit ook drie puik eiesoortige interpretasies van Gloria, Bitterblue en Cora Marie se grootste treffer, Gee haar ‘n roos, in. Ook met die Treffer-na-treffer-hermeng met Cassanova, Makie sakie, Lapaside en Gee my meer.
Dit is volwasse Afrikaanse luisterdansmusiek: goeie pop met spatsels byderwetse country en rock, met emosie en geesdrif vertolk deur ‘n sangeres wat op album en op die verhoog sprankel en lewenslus uitstraal.
Met die album Ek soek jou vestig Elizma Theron haar as ‘n sangeres wat stewig op die Suid-Afrikaanse musiekfront geanker is en hier is om te bly!
Sy soek meer - én sy sal dit kry!
|
kliek op die cd om die musiek snitte te sien en na hulle te luister
This text will be replaced by the flash music player.

|